logo
Gegroet!!
Hierdie is 'n familie webblad.
Dit behoort and die Jacobse van Amanzimtoti (daar is baie Jacobse in Amanzimtoti maar net een familie het hierdie Webblad).
As u 'n besoeker is hier - Welkom!! Kyk gerus rond as u dit interesant vind - daar is meestal persoonlike fotos op wat vir onsself van waarde is.
Kyk na fotos
Album 1
Album 2

WAARSKUWING: Alle fotos en materiaal hierop behoort aan die eienaar van die blad. Dis nie okay om dit te wil aflaai en vir eie gewin te verkoop nie.
If you do not understand this website then please take note of the following:
You may not use any of the material here for your own enrichment or entertainment or whatever reason you may dream up. South African (and my own) copyright laws will be enforced.
Stamboom
Ek wil die Jacobs stamboom navors en sal graag kontak wil maak met alle Jacobse wat afstam van die Jacobse van Hopetown.
Ek verstaan dat die eerste van ons stam in Suid Afrika aangekom het vanaf Frankryk.
In die stadium is ek persoonlik nog nie baie goed ingelig nie maar een van my tannies (Ann van Staden) het redelike uitgebreide inligting daaroor.
My pa was Erasmus Stephanus Christoffel Jacobs en sy pa was Erasmus Stephanus Jacobs. Laasgenoemde (my oupa) was 'n boer op die plaas Pan in die Hay distrik wat weer in die omgewing van Niekerkshoop en Griekwastad geleë is.
As u enige verbintenis, inligting of insae het in hierdie familie sal ek graag wil hoor van u. Kontak my by die epos adres wat u elders op hierdie blad sal vind.
Ek sal mettertyd die inligting wat ons reeds het op hierdie blad publiseer.
Stuur asb vir my flitspos deur as volg te werk te gaan:
Klik op die adres.Johan flitspos adres
Dit sal verskyn in die blokkie hier onder.
Haak (copy) dit van daar
Plak (paste) dit in u flitspos sagteware se "To" blok.
As dit dalk verdwyn (en dit sal) herhaal net die proses.
U mag ook ons gaste joernaal teken.
'n Ietsie oor hierdie Jacobse
Ek is JWS Jacobs (Johan) getroud en het 3 seuns
Ek is vernoem na Johannes Willem Schalk (Jan) Jacobs van die plaas Kruispad in Hay distrik.
My vrou is 'n nooi Smit en staan bekend as Dys (regte name Cornelia Margaretha)
Oudste seun: Johan
Middelste: Martin
Jongste: Anton
Skakels na ander webblaaie