logo
Gegroet!!
Hierdie is 'n familie webblad.
Dit behoort aan die Jacobse van Kimberley (daar is baie Jacobse in Kimberley maar net een familie het hierdie Webblad).
As u 'n besoeker is hier - Welkom!! Kyk gerus rond as u dit interesant vind - daar is meestal persoonlike fotos op wat vir onsself van waarde is.
Kyk na fotos
Album 1 Verkorte stamboom
Album 2 Volledige stamboom

WAARSKUWING: Alle fotos en materiaal hierop behoort aan die eienaar van die blad. Dis nie okay om dit te wil aflaai en vir eie gewin te verkoop nie.
If you do not understand this website then please take note of the following:
You may not use any of the material here for your own enrichment or entertainment or whatever reason you may dream up. South African (and my own) copyright laws will be enforced.
Stamboom
Ek is besig om die Jacobs stamboom na te vors en sal graag kontak wil maak met alle Jacobse wat afstam van die Jacobse van Hopetown. Die inligting wat ek reeds het kan gesien word op hierdie web blad en ook hier
Die inligting het onlangs in my hande gekom vanaf Ann (Anna) van Staden (Jacobs) en is geensins die vrugte van my eie arbeid nie. Die eer vir die navorsing moet gaan aan Magda Lombard (kleindogter van Helena Jacoba van Wyk - Jacobs). Baie dankie Magda ons ken nie eers mekaar nie maar ek waardeer dit dat jy die inligting aan tannie Ann beskikbaar gestel het. Soos u kan sien op die Jacobs stamboom op die Heritage web blad is daar nog baie gebreke. Sommige daarvan is ek nog mee besig en ander is nog nie vasgestel nie.
Daar is ook 'n verkorte weergawe van my eie direkte voorvaders op hierdie blad.
Ek wil ook graag my dank oordra aan Gerhard en Adri wat my gekontak het en vir hulle insette.
Die een ding wat ek nog geen spoor van kan kry nie is die familie wapen van hierdie tak van die Jacobse. Daar was wel 'n beskrywing in een van die inligting stukke wat ek hier wil herhaal in die hoop dat iemand dit iewers het - die aanhaling volg:
In goud 'n rooi dwarsbalk belaai met drie silwer skulpe
Adri was gaaf genoeg om aan my 'n weergawe beskikbaar te stel wat voldoen aan die bogenoemde beskrywing.
Stuur asb vir my flitspos deur as volg te werk te gaan:
Klik op die adres.Johan flitspos adres
Dit sal verskyn in die blokkie hier onder.
Haak (copy) dit van daar
Plak (paste) dit in u flitspos sagteware se "To" blok.
As dit dalk verdwyn (en dit sal) herhaal net die proses.
'n Ietsie oor hierdie Jacobse
Ek is JWS Jacobs (Johan) getroud en het 3 seuns
Ek is vernoem na Johannes Willem Schalk (Jan) Jacobs van die plaas Kruispad in Hay distrik.
My vrou is 'n nooi Smit en staan bekend as Dys (regte name Cornelia Margaretha)
Oudste seun: Johan
Middelste: Martin
Jongste: Anton